'n Oase van

Kreatiwiteit & Inspirasie

Die FynVeer Kunstefees skep ‘n innoverende en passievolle kunswedstryd platform vir uitvoerende kunste, waar kreatiewe kunstenaars en deelnemers hul talente kan uitleef.

Kreatiewe Uitdrukkings en Gemeenskapsgees

FynVeer Kunstefees is ‘n oase van kreatiewe uitdrukking, waar dans, kuns, drama, musiek, skryfwerk en oratorskap saamkom om ‘n harmonie van inspirasie te skep. Ons glo in die krag van kreatiwiteit om harte te roer, gedagtes te prikkel en ‘n sin van gemeenskap te kweek. Deur die bevordering van verskeie vorme van self-uitdrukking, skep ons ‘n ruimte waar elke individu se unieke talent kan ontwikkel en uitblink. By FynVeer Kunstefees koester ons die verskeidenheid van menslike kreatiwiteit en vier ons die rykdom van verhale en stemme wat ons gemeenskap ryk maak.

Die FynVeer Kunstefees skep ‘n innoverende en passievolle kunswedstryd platform vir uitvoerende kunste, waar kreatiewe kunstenaars en deelnemers hul talente kan uitleef.

01

Ons MISSIE is om ons deelnemers te bemoedig in ‘n veilige en regverdige kunste-omgewing – om hulle talente te identifiseer, erkenning te gee en aan te moedig om hul talente te koester en te bevorder.

02

FynVeer Kunstefees STREEF daarna om ‘n gemeenskap van passievolle en kreatiewe kunstenaars te kweek, wat geïnspireerd is deur die Suid-Afrikaanse kunste-industrie. Ons belê in kultuur en glo dat deelnemers hulle individuele en kollektiewe talente kan uitleef op die verhoog. Ons bevorder begrip en koester deernis met elke deelnemer.

03

Ons FOKUS op onderrig in die kunste en glo dat elke deelnemer die geleentheid gegin word om deel te neem aan werkswinkels waar hulle kuns-kennis kan verbreed.

Ons gebruik kuns en kultuur as medium om elke deelnemer se DROOM te bewaarheid en HOOP terug te sit! Ons kan nie wag om julle op die verhoog te ontmoet nie.

Alles wat julle moet weet oor ons

Stigting van FynVeer Kunstefees

FynVeer Kunstefees is ’n splinternuwe insiatief wat in 2020 tydens die internasionale grendeltydperk gestig is. Dis hier waar ons die waarde van KUNS opnuut besef het. Die stigters, Jeandré & Zirkia Venter, stel FynVeer Kunstefees in Oktober 2021 offisieël aan ons kunsgenote en publiek bekend en bied kunsafdelings soos REDENAARS, DRAMA, MUSIEK, DANS, KUNS, SKRYFWERK & OPE AFDELING.

Innovasie van FynVeer

In 2024, word FynVeer gekies om in samewerking met ATKV ’n splinternuwe SLIMFOONKORTFILM afdeling bekend te stel. Ons nooi skole, ateljees, afrigters en individue om saam ons fees te vier in die kunste!

Jaarlikse Registrasie- en Affiliasiefooie

Die registrasie en affiliasie fooie is jaarliks eenmalig betaalbaar en verval jaarliks op 31 Desember van die betrokke jaar. Registrasie en affiliasie fooie is nie oordraagbaar nie en is betaalbaar saam die inskrywingsfooie van ‘n spesifieke kategorie.

Die affiliasie-fooi vir 2025 is as volg:

Verander Drome in Realiteit

FynVeer is baie opgewonde om hulle vlerke te sprei en hoog te vlieg. Saam maak ons ‘n verskil, nie net in die gemeenskap nie, maar ook in elke deelnemer se hart. FynVeer Kunstefees wil julle met ope arms verwelkom en aanmoedig om julle talente te kom uitleef. Ons bou saam aan die kunste, toekoms en drome van elke deelnemer. Ons bemoedig, streef en verbeter.

Kom DROOM saam, kom sit HOOP terug, kom ons maak KUNS, kom ons FYNVEER!

Affiliasie Fooi

R280.00 (Hierdie is slegs betaalbaar vir skole, ateljees of privaat afrigters wat onder ‘n handelsmerk of maatskappy diens lewer)

Scroll to Top