DANS

Dans Saam met Ons!

Ons is verheug om jou by vanjaar se FynVeer Kunstefees te verwelkom & opgewonde om die inskrywingsbesonderhede met jou te deel. FynVeer Kunstefees ondersteun alle tipe dansstyle en sien uit na die jaar se dansafdelings.

Afdelings

Ons bied hierdie jaar ’n verskydenheid dansafdelings aan, wat die volgende insluit: Ballet, Kontemporêr, Musiekteater/Karakter, Hip Hop, Moderne Dans, Tap, Akrobaat, “Contortion", Jazz, Lyrical, Disco, “Show Dance”, Ope/Vrye Styl, Improvisasie & Revue-groepe.

Tyd & Inskrywingsfooie van die danse

Solo

Duet

Trio

Kwartet

Groepe (5+)

Revue Groepe

Belangrike Inligting

Wat word ingesluit?

Inskrywingsgelde sluit professionele beoordeling, repliek, medalje en sertifikaat met simbool in. Groepe groter as vyf dansers ontvang slegs een sertifikaat en medalje.
Alle inskrywingsgelde en dokumentasie is onderhewig aan ’n sluitingsdatum.

FynVeer is baie opgewonde om ons vlerke saam elke skool / deelnemer / persoon / instansie / ateljee te sprei en hoog te vlieg – saam maak ons ‘n verskil, nie net in die gemeenskap nie, maar ook in elke deelnemer se hart. Ons bou saam aan die kunste, toekoms en drome van elke deelnemer. Ons bemoedig, streef en verbeter. Ons is opgewonde oor die nuwe KUNS-avontuur en sien uit om julle te ontmoet!

Scroll to Top