SKRYFWERK

Pen alles neer

Ons is verheug om jou by vanjaar se FynVeer Kunstefees te verwelkom & opgewonde om die inskrywingsbesonderhede met jou te deel. Vind hiermee jou FynVeer-registrasiepakket vir FynVeer Kunstefees ondersteun alle skryfstyle. Ons skep ‘n innoverende en passievolle platform vir skrywers & skryfkuns. Deelnemers word beoordeel en bemoedig in ‘n veilige en regverdige omgewing. Die FynVeer Skryfwerk-afdeling aanvaar enige universele temas en onderwerpe.

Skryfstyle

Oortuigend

Naratief - Fiksie

Naratief - Verhalend

Verklarend

Beskrywend

Belangrike Inligting

Wat word ingesluit?

Inskrywingsgelde sluit professionele beoordeling, repliek, medalje en sertifikaat met simbool in. Groepe groter as vyf dansers ontvang slegs een sertifikaat en medalje. Alle inskrywingsgelde en dokumentasie is onderhewig aan ’n sluitingsdatum.

FynVeer is baie opgewonde om ons vlerke saam elke skool / deelnemer / persoon / instansie / ateljee te sprei en hoog te vlieg – saam maak ons ‘n verskil, nie net in die gemeenskap nie, maar ook in elke deelnemer se hart. Ons bou saam aan die kunste, toekoms en drome van elke deelnemer. Ons bemoedig, streef en verbeter. Ons is opgewonde oor die nuwe KUNS-avontuur en sien uit om julle te ontmoet!

Scroll to Top