DRAMA

Drama Saam met Ons!

Ons is verheug om jou by vanjaar se FynVeer Kunstefees te verwelkom & opgewonde om die inskrywingsbesonderhede met jou te deel. FynVeer Kunstefees ondersteun alle tipe dramastyle. Ons skep ‘n innoverende en passievolle platform vir uitvoerende Dramakunste. Deelnemers word bemoedig in ‘n veilige en regverdige omgewing. Die FynVeer Drama-afdeling aanvaar enige universele temas en onderwerpe. Wees kreatief en dink buite die boks!

Tyd van Dramastukke

Tye beskikbaar onder afdeling op laaste twee bladsye. Maak seker elke deelnemer is vertroud met die tye. Deelnemers kan gepenaliseer word indien die drama stuk die voorgestelde tyd oorskry.

Kategorie & Onderafdelings

Belangrike Inligting

Wat word ingesluit?

Inskrywingsgelde sluit professionele beoordeling, repliek, medalje en sertifikaat met simbool in. Groepe groter as vyf deelnemers ontvang slegs een sertifikaat en medalje. Alle inskrywingsgelde en dokumentasie is onderhewig aan ’n sluitingsdatum.

FynVeer is baie opgewonde om ons vlerke saam elke skool / deelnemer / persoon / instansie / ateljee te sprei en hoog te vlieg – saam maak ons ‘n verskil, nie net in die gemeenskap nie, maar ook in elke deelnemer se hart. Ons bou saam aan die kunste, toekoms en drome van elke deelnemer. Ons bemoedig, streef en verbeter. Ons is opgewonde oor die nuwe KUNS-avontuur en sien uit om julle te ontmoet!

Scroll to Top