MUSIEK
Nuwe klanke
Ons is verheug om jou by vanjaar se FynVeer Kunstefees te verwelkom & opgewonde om die inskrywingsbesonderhede met jou te deel. FynVeer Kunstefees ondersteun alle tipe musiekstyle en genres.
Afdelings
Ons bied hierdie jaar ’n verskydenheid musuiekafdelings aan, wat die volgende insluit: Solosang – Klassiek, Kontemporêr en Vrye Komposisie. Groepsang – Klassiek, Kontemporêr en Vrye Komposisie Serrie, Sêr, Solo Instrumentaal, Groep Instrumentaal, Orkes, Koor - Junior/Senior/Volwasse
Tyd & Inskrywingsfooie van Musiek
Solos
- Afdeling: Solos
- Kode: S
- Aantal Musikante: Enkel Musikant
- Tyd: 2 min / 3 min
- Bedrag: R150 per item
Duets
- Afdeling: Duets
- Kode: D
- Aantal Musikante: Twee Musikante
- Tyd: 3 min
- Bedrag: R100 per musikant
Trios
- Afdeling: Trios
- Kode: T
- Aantal Musikante: Drie Musikante
- Tyd: 3 min
- Bedrag: R100 per musikant
Kwartet
- Afdeling: Kwartet
- Kode: K
- Aantal Musikante: Vier Musikante
- Tyd: 3 min
- Bedrag: R100 per musikant
Groepe (5+)
- Afdeling: Groepe (5+)
- Kode: G
- Aantal Musikante: Vier Musikante/meer
- Tyd: 3 min / 3:30 min
- Bedrag: R100 per musikant
Orkes Groepe
- Afdeling: Orkes Groepe
- Kode: OG
- Aantal Musikante: Onbeperkte musikante
- Tyd: 10 - 15 min
- Bedrag: R1,000 per groep
Koor Groepe
- Afdeling: Koor Groepe
- Kode: KG
- Aantal Musikante: Onbeperkte musikante
- Tyd: 10 - 15 min
- Bedrag: R1,000 per groep
Belangrike Inligting
Wat word ingesluit?
Inskrywingsgelde sluit professionele beoordeling, repliek, medalje en sertifikaat met simbool in. Groepe groter as vyf dansers ontvang slegs een sertifikaat en medalje. Alle inskrywingsgelde en dokumentasie is onderhewig aan ’n sluitingsdatum.
Bankbesonderhede
Alle deelnemers word genooi om na afloop van die prysuitdeling, by die trofee-tafel ’n draai te maak en ’n foto met jou kategorie se trofee te neem. Trofees word nie huis toe geneem nie en word slegs gebruik vir fotodoeleindes.
Ons trofees is baie kosbaar en spesifiek gemerk onder elke kategorie.
FynVeer is baie opgewonde om ons vlerke saam elke skool / deelnemer / persoon / instansie / ateljee te sprei en hoog te vlieg – saam maak ons ‘n verskil, nie net in die gemeenskap nie, maar ook in elke deelnemer se hart. Ons bou saam aan die kunste, toekoms en drome van elke deelnemer. Ons bemoedig, streef en verbeter. Ons is opgewonde oor die nuwe KUNS-avontuur en sien uit om julle te ontmoet!
